Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Dans van die Reën" deur Eugene Marais (with translation)
"Die Dans van die Reën" deur Eugene Marais (with translation) [boodskap #8622] Vr, 21 Februarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Vir At de Lange, wat gevra het vir 'n gedig van Marais.

DIE DANS VAN DIE REËN
Eugene Marais
Lied van die vioolspeler, Jan Konterdans,
uit die Groot Woestyn.

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!

Translation by Jack Cope and Uys Krige:

THE DANCE OF THE RAIN
Song of the fiddler, Jan Konterdans, from the Kalahari.

Oh the dance of our Sister!
First she peeps slily over the mountaintop,
and her eyes are shy;
and she laughs softly.
And from far off she beckons with one hand;
her armbands flash and her beads glitter;
softly she calls.

She tells the winds of the dance,
she invites them, for the clearing is wide and it will be
a great wedding.

The big antelope race up from the plains,
they bunch on the hilltop,
straining wide their nostrils
and they swallow the wind;
and they bend to see her faint footmarks in the sand.

The little people deep under the ground hear the rustle
of
her feet
and they creep nearer and sing softly:
"Our Sister! Our Sister! You have come! You have come!"
And her beads shake
and her copper anklets glint in the sloping of the sun.
On her forehead the fire-plume of the mountain eagle;
she steps down from the heights;
she spreads out the grey kaross with both her arms;
the breath of the wind is lost.
Oh, the dance of our sister!

The word "karos" refers to a blanket made of animal skin.

The poet Eugene Marais (1871-1936) is probably the most
beloved poet in the Afrikaans language and his small output
of poems are still treasured today. In the 1890°s he edited
newspapers in the Transvaal Republic, in opposition to
Paul Kruger. He went to England to study medicine and
law, but on the outbreak of the Anglo-Boer War he came
back and joined the Boer cause, trying to smuggle arms and
medicine through Mocambique. Marais was also an expert
naturalist. His books "The Soul of the White Ant" and "My
friends the Baboons" were published in London and New
York and remain well known today. (It is generally believed
that Maurice Maeterlinck stole information from Marais and
became famous publishing a work on termites before the book
of Marais appeared.) He committed suicide in 1936.

Gloudina Bouwer.
Re: "Die Dans van die Reën" deur Eugene Marais (with translation) [boodskap #8662 is 'n antwoord op boodskap #8622] Wo, 26 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
> Vir At de Lange, wat gevra het vir 'n gedig van Marais.

> DIE DANS VAN DIE REËN
> Eugene Marais
> Lied van die vioolspeler, Jan Konterdans,
> uit die Groot Woestyn.

Baie dankie, Gloudina. Vir my is dit een van die mooiste gedigte ooit.
Wanneer ek alleen in die barre veld is, ver van enige skuiling, en 'n
selsame donderstorm oorval my, maal die gedig in my kop rond. Dit is
wanneer 'n mens nie skuiling het nie, wat die wildheid in jou ontwaak.
Dan begin jy snuif en gluur soos 'n dier.

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: "Rita" deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: "Brixton Blou" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 20:56:53 MGT 2024